Jabberwocky Variations
Home : Translations : Die Flabberjak


Die Flabberjak

Linette Retief

Dis gonker en die vore garings
Fruip en gronkel in die bloof;
Ja, grimvol was die kilderboom,
En die ploert wil kroof.

'O wee die Flabberjak, my seun!
Die kaak wat kou, die klou wat klap!
O wee die Flikflokvoël, en flak
Die frose Blakkerdap!'

Sy hand omsluit die fredel swaard:
En soek, soek hy die frap voorwaar--
Hy rus onder die Kloringboom,
En dink 'n bietjie daar.

Hy staan nog daar so friep te dink,
Toe kom die Flabberjak al aan--
Sy oge vlam deur brose bos,
Sy mond die skuim en traan!

Hoera! Dis da'! Hy's deur, reg deur!
Die fredel swaard maak klikker-klak...
Hy los die lyf and vat die kop
En vlieg daar weg op 'n galop.

'En is die Flabberjak nou dood?
Kom skud my blad, my frawe seun!
O flore dag! Floera! Floerag!'
Kon hy van blydskap kreun.

Dis gonker en die vore garings
Fruip en gronkel in die bloof;
Ja, grimvol was die kilderboom,
En die ploert wil kroof.


Appeared in ¨Die Burger¨ in Cape Town on 25 August 1992.


< Prev  Next >
Home : Translations : Die Flabberjak

Jabberwocky Variations   http://pobox.com/~keithlim/jabberwocky/   keithlim@pobox.com